Ontmoet ons Presiderende Pastoorspaar
Dr Raymond en Amanda Lombard is die Presiderende Pastoorspaar van die Parow Gemeente. Hulle het 5 kinders en 8 kleinkinders.
Dr Raymond is reeds meer as 42 jaar in die voltydse bediening. Benewens sy rol as senior leraar van die Volle Evangelie Kerk van God, Lewende Woord Gemeente in Parow (Kaapstad, Suid Afrika), dien hy ook in verskeie leierskaprolle wat sending en opleiding betref. Hy is Voorsitter van Wheels for God’s Word en Firewall Africa, wat werksaam is in meer as 42 lande in Afrika. Hy is ‘n direksielid van die Global Fire Advance wat betrokke is in Latyns-Amerika, Sentraal-Amerika, Asië en Suid-Oos Asië. Dr Raymond is deur Church of God World Missions aangestel as Direkteur van Evangelisasie en Kerkplanting, asook die Africa Firewall Ko-ordineerder. Hy het sy "Doctorate of Philosophy in Theology with Missiology" in Oktober 2023 aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika verwerf.
Hy is bekend vir sy weeklikse aanbieding van Fokus op die Woord op Radio Tygerberg, wat meer as 468 000 luisteraars bereik.