Parkering

Voldoende parkering is beskikbaar en sekuriteitswagte sal verseker dat u voertuig veilig is. Die uitleg van die parkeerterrein is soos volg:

Dienswerkers

Ons vriendelike Dienswerkers sal jou by die deur verwelkom, en indien nodig na ‘n geskikte sitplek vergesel.

Besoekers

Indien jy ons vir die eerste keer besoek, neem gerus ‘n besoekersvorm, voltooi en plaas in die offergawe sakkie.

Moederskamer

Die moederskamer is geleë in die ingangsportaal en is alleenlik beskikbaar vir moeders met babas onder 1 jaar.

Sondagskool

Sondagskool vir graad 0 tot 7 vind plaas tydens die oggenddiens. Ons Dienswerkers sal u bystaan indien u enige hulp verlang.

Junior Bybelskool

Junior Bybelskool is vir jongmense tussen Graad 8 - Graad 12, en word tydens die oggenddiens aangebied.

Preke

Neem kennis dat preke opgeneem word, en kan voor of na dienste in die Media sentrum agter in die Ouditorium bestel word.


Mag die Here jou tyd saam met ons vreugdevol maak.

Eredienstye

  • Sondagoggend Erediens : 09h30
  • Jeugkerk / Sondagskool : 09h30
  • Sondagaand Feesdiens : 18h30

'n Moederskamer is beskikbaar.


Kontak Ons

  • Straatadres:
    Fairfield Noordstraat 127, De Tyger, Parow
  • Tel: 021 939 1898 – kantoor
  • Faks: 021 939 0092
  • Epos: lewendewoordparow@gmail.com
  • Kerkkantoorure :
    Maandag tot Vrydag, 08h30 tot 15h30